Norie-uitblinkers

Nories se uitblinkers

Atletiek: JL van Rensburg
Afrika Junior Gewigstootkampioen. Welgedaan JL, Nories is baie trots op jou!

Atletiek: Kiara van Eeden
Kiara word gekies vir die volgende spanne: • Hoërskool Noordheuwel 1ste span • Gauteng o/17 span • SA o/18 Fast Five span wat gaan deelneem in die Commonweatlh games 2023 • JNR Jaguars span

Debat: Landsfinaal
Nories het vanjaar aan die Landsfinale Debatskompetisie deelgeneem en uitstekend gevaar. Alexander Coetzer en Nicole van Rensburg was 'n gedugte span.

Gauteng Toekenningsgeleentheid
Nories se netbal het by gisteraand se Gauteng-toekenningsgeleentheid met die volgende toekennings weggestap: Hoërskool Noordheuwel aangewys as Gauteng Netbalskool van die jaar. Kiara van Eeden, aangewys as Gauteng se Hoërskool netbalspeelster van die jaar. Me Karen Els benoem as Gauteng afrigter van die jaar. Baie geluk!

Netbal Nasionale Wenners 2022
Die o/16A word aangewys as die Nasionale Wenners 2022. Hierdie span speel kookwater netbal! Ons is baie trots op hierdie span. Baie geluk aan elke dogter, ouer en afrigter!

NWU Prestige Sportreeks
Dit is die eerste keer in die NWU Prestige Sportreeks se geskiedenis dat 'n skool met al sy spanne goud verwerf het! Nories is dankbaar en ons vier dié wen met trots! #SportIsOnsPassie

Toneel
Noordheuwel Toneel blink elke jaar uit en 2021 was geen uitsondering nie. Ons is baie trots daarop dat ons toneelgroep Vier Vingers deurdring na die ATKV Tienertoneel finaal waar hulle onder die TOP 5 in die land eindig.
Die Vier Vingers groep wen ook Algehele beste produksie by FAK Allegretto toneelfees en behaal algeheel tweede plek tydens die Aardklop Pronk Podium toneelkompetisie.

Ronan Herrmann
Ronan Herrmann, ‘n naam wat almal moet onthou. Hy gaan nog diep spore trap in SA Krieket. 2020 tref Covid, maar Ronan word steeds opgeneem in die Gauteng 19A span en speel in die CUBS week in Stellenbosch. Later is hy ook gekies vir die SA o/19 oefengroep. In 2021 maak hy die Gauteng 19A span, maar sy beloning kom in sy verkiesing tot die SA o/19A Wêreldbeker groep wat toer na die Wes Indiese Eilande vroeg in 2022.

Ronan Herrmann
Ontmoet vir Ronan Herrmann, SA 0/19 krieketspeler. Dis reg, hy is gekies vir die SA Krieketspan. Jy maak ons vreeslik trots Ronan!

Danielle Evans
Danielle Evans, Gr. 12, is die eerste Norie ooit om as Top 8 finalis van die Nasionale Toneelspel kompetisie aangewys te word. Sy wen ook 'n rol in 'n radiodrama! Ons is so trots en opgewonde saam met jou!

JL van Rensburg
Volgens die wêreldranglys vir atletiek beklee JL van Rensburg die 5de plek in die wêreld vir gewigstoot jeugatlete (0/18) met 'n afstand van 18,36 meter. Hy is nog net 16 jaar oud. Hy maak ons baie trots!

Elzaan Hopkins
Baie geluk aan Elzaan Hopkins wat gekies is onder die Top 50 van Die Poort Skryfkompetisie. Haar opstel, "Hamburger en Skyfies", word in 'n Glansbundel opgeneem. Ons is baie trots op jou!