Nories Uitblinkers

Nories se Uitblinkers van 2022

NWU Prestige Sportreeks

Dit is die eerste keer in die NWU Prestige Sportreeks se geskiedenis dat ‘n skool met al sy spanne goud verwerf het!
Nories is dankbaar en ons vier dié wen met trots!
#SportIsOnsPassie

Nories se Uitblinkers van 2021 

Toneel

Noordheuwel Toneel blink elke jaar uit en 2021 was geen uitsondering nie. Sewe toneelstukke word op die planke gebring en neem deel aan ATKV Tienertoneel, FAK Allegretto toneelfees asook Aardklop Pronk Podium toneelfees.

Ons is baie trots daarop dat ons toneelgroep Vier Vingers deurdring na die ATKV Tienertoneel finaal waar hulle onder die TOP 5 in die land eindig.

Die Vier Vingers groep wen ook Algehele beste produksie by FAK Allegretto toneelfees en behaal algeheel tweede plek tydens die Aardklop Pronk Podium toneelkompetisie.

Ronan Herrmann

Ronan Herrmann, ‘n naam wat almal moet onthou. Hy gaan nog diep spore trap in SA Krieket. 2020 tref Covid, maar Ronan word steeds opgeneem in die Gauteng 19A span en speel in die CUBS week in Stellenbosch. Later is hy ook gekies vir die SA o/19 oefengroep. In 2021 maak hy die Gauteng 19A span, maar sy beloning kom in sy verkiesing tot die SA o/19A Wêreldbeker groep wat toer na die Wes Indiese Eilande vroeg in 2022.

Ronan Herrmann

Ontmoet vir Ronan Herrmann, SA 0/19 krieketspeler. Dis reg, hy is gekies vir die SA Krieketspan. Jy maak ons vreeslik trots Ronan!

Danielle Evans

Danielle Evans, Gr. 12, is die eerste Norie ooit om as Top 8 finalis van die Nasionale Toneelspel kompetisie aangewys te word. Sy wen ook 'n rol in 'n radiodrama! Ons is so trots en opgewonde saam met jou!

JL van Rensburg

Volgens die wêreldranglys vir atletiek beklee JL van Rensburg die 5de plek in die wêreld vir gewigstoot jeugatlete (0/18) met 'n afstand van 18,36 meter. Hy is nog net 16 jaar oud. Hy maak ons baie trots!

Elzaan Hopkins

Baie geluk aan Elzaan Hopkins wat gekies is onder die Top 50 van Die Poort Skryfkompetisie. Haar opstel, "Hamburger en Skyfies", word in 'n Glansbundel opgeneem. Ons is baie trots op jou!