Kultuur

Hoërskool Noordheuwel streef na die ontwikkeling van gebalanseerde volwassenes en daarom bied ons ‘n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite waarin leerders hul kan uitleef en talente kan ontwikkel.

KRITERIA VIR KULTURELE TOEKENNINGS
Nories kultuur is kookwater en ons glo dat, om erkenning aan ons kulturele uitblinkers te gee, leerders aanspoor om altyd harder te probeer. Die kriteria waarop kultuurtoekennings gebaseer word, kan hier afgelaai word.

Koor

Ons koor presteer al jare onder die bekwame leiding van ons koormeester, Attie Rossouw. Ons kompeteer jaarliks op verskeie platforms soos die ATKV waar ons uitstekend vaar! Ons sing graag verskeie genres en geniet die samehorigheid onder mekaar. Musiek is deel van ons bestaan.

A Capella

Die Norie A Capella is 'n sanggroep wat sonder enige instrumentale begeleiding sing. Dit bestaan uit tussen 20 tot 25 leerlinge vanaf graad 8 tot Matriek. Hulle sing verskillende genres en tale. Ons tree ook graag op by funksies en geniet elke oomblik daarvan om gehore te vermaak.

Redenaars & Debat

Redenaars is daardie platform waar jy leer om self te dink. By Nories is dit beslis waar jy leer om jou sê te kan sê op ʼn sinvolle manier. Nories presteer jaarliks by die ATKV en dring deur na die landsfinale kompetisie. Divan van Wyk het Nories trots gemaak met sy ongelooflike vermoë en taalgebruik. Radikale redenaars en Oppitongaf is ook belangrike kompetisies waaraan Nories deelneem.

Spreekkoor

Die Spreekkoor bestaan uit ʼn groot groep leerders wat graag deelneem aan kunswedstryde. Ons oefen hard en hou daarvan om elke jaar iets nuuts te probeer. Kom word deel van Nories se Spreekkoor.

Toneel

Noordheuwel Toneel floreer die afgelope tien jaar onder leiding van uitsonderlike afrigters en kan spog met die volgende: ATKV Tienertoneel finaliste 2014, 2015, 2018, 2019. Aardklop Pronk Podium finaliste 2018, 2019 en 2020. Algehele ATKV Tienertoneel wenners 2019. Algehele FAK Toneelfees wenners 2019, 2020.

Talentweek

Talentweek is beslis ʼn hoogtepunt by Nories. Daar is geleentheid vir individue, duette en groepe om in te skryf en te spog met talent!  Enige items waarmee ʼn gehoor op ʼn verhoog vermaak kan word, kan ingeskryf word: sang, instrumentaal, drama, dans, “bands”, ensovoorts. Deelnemers moet self oefen, self vir rekwisiete sorg, eie uitrustings kies en verskaf. Die skool verskaf die professionele klankspan en beoordelaars. Dit is nie ʼn praktiese eksamen of kunswestryd nie. Beoordeling is lekker informeel en gaan oor vermaaklikheidswaarde, voorkoms wat by die item pas en afgerondheid. Ons soek na daardie X-faktor!