Akademie

Elke leerder is belangrik vir Nories se personeel en daarom word akademiese tyd voluit benut.

Matrieks van 2021
doen dit wéér!




Dux Leerling
Emile Christiaan Wepener
- 8 onderskeidings, Gemiddeld 93.33%
Hoërskool Noordheuwel het vir my die afgelope vyf jaar soveel beteken. Nories se buitemuurse aktiwiteite is tops. Die ATKV-Tienertoneel kompetisies was ʼn hoogtepunt. Die Norieraad, Ruslandtoer, Interhoër en al die sosiale geleenthede het beslis vir my uitgestaan.
Dit was nie nodig vir my om ekstra klasse te neem in enige vak nie. Akademie is ʼn prioriteit vir Nories se personeel en juis daarom het ek so goed presteer.
My gunsteling vak was beslis Wiskunde. Dit is ʼn eureka oomblik om na ʼn halfuur die soekwaarde van x te vind.

Dux Leerling
Emile Christiaan Wepener
- 8 onderskeidings, Gemiddeld 93.33%
Hoërskool Noordheuwel het vir my die afgelope vyf jaar soveel beteken. Nories se buitemuurse aktiwiteite is tops. Die ATKV-Tienertoneel kompetisies was ʼn hoogtepunt. Die Norieraad, Ruslandtoer, Interhoër en al die sosiale geleenthede het beslis vir my uitgestaan.
Dit was nie nodig vir my om ekstra klasse te neem in enige vak nie. Akademie is ʼn prioriteit vir Nories se personeel en juis daarom het ek so goed presteer.
My gunsteling vak was beslis Wiskunde. Dit is ʼn eureka oomblik om na ʼn halfuur die soekwaarde van x te vind.
Top Presteerders van 2020


Algemene Inligting

Graad 8 en 9 leerders is verplig om volgens departementele vereistes die volgende vakke te neem:
- Afrikaans Huistaal
- English FAL
- Wiskunde
- Natuurwetenskappe
- Sosiale wetenskappe
- Lewensoriëntering
- Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
- Tegnologie
- Skeppende Kunste (musiek en visuele kuns)
VERPLIGTE VAKKE
- Afrikaans
- Engels
- Wiskunde of wiskundige geletterdheid
- Lewensoriëntering
KEUSE VAKKE
Leerders kan ‘n minimum van 3 van die volgende vakke kies:
Sosiale Wetenskappe
Geografie, Toerisme, Geskiedenis
Fisiese Wetenskappe
Fisiese wetenskap, Lewenswetenskap, Landbouwetenskap
Inligtingstegnologie
Inligtingstegnologie (IT), *Rekenaar-toepassingstegnologie
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Rekeningkunde, Ekonomie, Besigheidstudies
Tegnologie
Ingenieursgrafika & ontwerp en Verbruikerstudie
Kuns & Kultuur
Visuele kuns, Drama
“AdMaths”
Gevorderde Wiskunde
Die verskillende toets – en eksamenroosters kan van die D6 School Communicator se Bronne afdeling afgelaai word, soos dit beskikbaar raak.
Eksamens word jaarliks gedurende Junie en November afgelê. Matrieks skryf gedurende Augustus en September die rekordeksamen.
Toetsreekse word gedurende die eerste-, tweede- en derde kwartaal afgelê. Elke week is daar 2 toetsdae. Kwartaallikse toetsroosters kan verkry word op die D6 Communicator onder Bronne, soos wat hulle beskikbaar raak. Gedurende eksamens studeer leerlinge tuis tensy hierdie voorreg weens swak akademiese prestasie of weens dissiplinêre maatreëls verbeur word.
Verskeie aanvullende klasse (onder andere Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Rekeningkunde), word deurlopend gratis aan ons leerlinge gebied. Leerlinge wat probleme in vakke ervaar word aangemoedig om hierby in te skakel. Soos wat die behoefte ontstaan word aanvullende klasse ook in ander vakke gereël.
Alle Gr 8 leerders se lees/begrip vermoë word aan die begin van die jaar getoets. Leerders word dan aanbeveel om die leessentrum by te woon. Tydens die sessies is ‘n personeellid teenwoordig om individuele aandag aan leerders te bied en sodoende die leerders se lees- en begripvermoë te verbeter. Leerders van ander grade is ook welkom.
Nories@Work is ‘n lokaal waar leerders Maandae tot Donderdae kan huiswerk doen, take of opdragte voltooi en studeer terwyl hulle wag vir vervoer of sportoefeninge. Daar is internetfasiliteite beskikbaar sowel as ‘n personeellid wat kan help met toesig en sekere probleme.
Admaths” is ‘n gevorderde Wiskunde vak deur die Onafhanklike Eksamenraad “IEB” en leerlinge kan slegs op uitnodiging registreer vir die vak. Leerlinge wat skoolwiskunde aan die einde van hulle graad 8 jaar slaag met ’n onderskeiding, sal ’n uitnodiging per brief ontvang, vanaf die instansie waarvan ons by Hoërskool Noordheuwel die Wesrand Admaths-sentrum bedryf.
Leerlinge wat van nature goed presteer in Wiskunde, verleer maklik om te konsentreer en aandag te gee in ’n klaskamer en met die vak wat groter uitdagings bied, verseker dit dat elke leerling steeds voortdurend sal besef dat daar deurlopend gekonsentreer moet word in ‘n klaskamer.
Universiteite beveel sterk aan dat leerlinge wat in ‘n finansiële rigting of in ’n ingenieursrigting wil studeer, vroegtydig sal begin met die vak om hom/haar ’n voorsprong met hulle studies te gee. Vir enige verdere navrae, kontak gerus vir me. K. Maré
By Noordheuwel glo ons dat om erkenning te gee aan akademiese prestasie, leerders aanspoor om altyd harder te probeer. Die kriteria waarop akademiese toekennings gebasseer word, kan hier afgelaai word.
Akademiese Merietetoekennings

Graad 8-9
GRAAD 8 Persentasie
Wit
75% – 80.4%
Silwer
80.5% – 84.4%
Goud
84.5% – 90.4%
Erekleure
90.5%+
GRAAD 9 Persentasie
Wit
75% – 79.4%
Silwer
79.5% – 84.4%
Goud
84.5% – 90.4%
Erekleure
90.5%+
Graad 10-12
Gemiddeld vir toekennings word bepaal uit Afrikaans, Engels, Wiskunde of Wiskundige geletterdheid en 3 beste keusevakke se gemiddeld.
GRAAD 10 Persentasie
Wit
72% – 77.4%
Silwer
77.5% – 83.4%
Goud
83.5% – 89.4%
Erekleure
89.5%+
GRAAD 11 Persentasie
Wit
72% – 75.4%
Silwer
75.5% – 79.4%
Goud
79.5% – 87.4%
Erekleure
87.5%+
GRAAD 12 Persentasie
Wit
72% – 75.4%
Silwer
75.5% – 79.4%
Goud
79.5% – 84.4%
Erekleure
84.5%+