Algemene Skool inligting

Maandag tot Vrydag 07:25 – 14:00. Vir volledige inligting oor skoolbywoning, lees meer onder skoolreëls.
Onderriggeld word jaarliks bepaal en is maandeliks vooruitbetaalbaar voor die 7de van die maand. Die totale bedrag moet nie later nie as die 1ste Desember inbetaal wees.
1ste betaling betaalbaar voor die skool open in Januarie 2025 = R4300
11 paaiemente van R3450 = R37 950
Totale skoolgeld vir 2025 – R42 250 per leerder
Indien totale bedrag voor 31 Maart 2025 betaal word, ontvang u ‘n korting van R3000. Die totale bedrag betaalbaar is dan R39 250. Debietordervorms is by die kantoor beskikbaar.
Navrae:
Enige navrae in verband met skoolfonds:
Me Nanette Uys
nanette.uys@nories.co.za
Bankbesonderhede:
Hoërskool Noordheuwel
Absa Bank
Rekeningnommer: 310 391 255
Verwysing: Leerder se rekening nommer soos wat dit op die staat verskyn
Belangrike datums vir 2025, sal onder Nuwe Nories bekend gemaak word. ‘Aansoek om toelating’ dokumentasie wat by die skool of op die webblad beskikbaar is, kan voltooi word en dien as aanvullende inligting tot die amptelike aanlyn registrasie.
Toelating is streng onderhewig aan die beskikbaarheid van benutbare akkommodasie en personeel soos deur die onderwysbeleid bepaal.
Hoërskool Noordheuwel bedien verskeie busroetes teen ‘n koste. Vervoer na afloop van oefening van buitemuurse aktiwiteite om 17:00 is ook beskikbaar. Name moet in roete boek aangeteken word.
Buskaartjies is beskikbaar by me Daleen Holton. Betalings vir buskaartjies kan kontant gedoen word by me Holton of inbetaal word deur middel van EFT in die skool se bankrekening. Meld asb die leerder se naam en epos dit na daleen.holton@nories.co.za.
FOOIE VIR 2025
Enkelritte: R65 per rit.
Tien ritte: R600 per week (10 ritte)
Maandkaartjie: R90 per skooldag vir maandkaartjie.
Enige navrae i.v.m. busse word deur Me Rina Steyn – 011 954 1032 / rina.steyn@nories.co.za hanteer.
Noordheuwel se eie klerewinkel, langs die snoepie, is daagliks oop gedurende die skoolkwartaal vanaf 6h45 tot 14h30. Gedurende Desember en Januarie geld spesiale winkelure. Die klerewinkel hou alle Noordheuwel skooldrag aan, behalwe:
- Seuns langbroeke
- Skoolskoene
NAVRAE
Kontak die klerewinkel vir pryse of kwotasies.
- Engela Briedenhann (011) 954-0594 / 083-644-7344.
- Ilandi van Rooyen 072-259-2171.
ELEKTRONIESE BETALINGS
Naam van rekening: Ilandi van Rooyen T/A IVR CLOTHING
Bank: Nedbank
Rekeniningnommer: 1172354480
Verwysing: VAN/NORIES
E-pos vir bewys van betaling: UITSLUITLIK klerewinkel@nories.co.za
Hoërskool Noordheuwel het ‘n onbenydenswaardige en unieke situasie rakende verkeer en parkering.Oplossings oor hoe om die verkeersdruk voor en na skool die hoof te bied en sekuritet te verbeter, word deurlopend oorweeg. Die tendens onder matrieks om met eie motors skool toe te kom, vererger die verkeersvloeiprobleem by die skool. Die skool kan ook nie verantwoordelikheid vir die sekuriteit in die straat aanvaar nie. Daarom word matrieks sterk afgeraai om met eie vervoer skool toe te kom.
Noordheuwel het ‘n beperkte aantal sluitkassies beskikbaar in twee verskillende groottes, nl. gewoon en sportsluitkassies (uitsluitlik vir hokkie- en krieketspelers) wat teen ‘n jaarlikse fooi gehuur kan word.
Geen betalings per EFT sal aanvaar word nie, slegs kontant inbetalings wat by me Daleen Holton in die finansieskantoor gemaak word. Die kwitansie word dan na oom Hennie, ons faktotum, geneem om ‘n sluitkassie toegeken te kry. Leerders is self verantwoordelik vir ‘n slot vir die sluitkassie. Daar sal slegs een kassie per leerder toegestaan word.
KOSTE
Gewone kassies: R400.00 per jaar
Sportkassies: R600.00 per jaar (slegs hokkie en krieketspelers)
Die MySchool MyVillage fondsinsamelingsprogram samel fondse in vir skole. HS Noordheuwel gebruik hierdie fondse vir projekte soos die uitbreiding van die Nories@Work lokaal waar leerders hul huiswerk kan doen. Om ‘n ondersteuner te word, moet jy registreer by MySchool en ‘n skool kies om te ondersteun. MySchool kaarthouers kan voordeel trek uit verskeie spesiale aanbiedinge en aflsag. Kaarthouers is outomaties deel van Woolworths se WRewards program, kry R40 afslag op elke GetAhead of MathPro sagteware item en eksklusiewe afslag by Altech Netstar. Jy kan aanlyn registreer, ‘n kaart by jou plaaslike Woolworths kry, of die skool kontak. Dit is vinnig en maklik!
Snoepie debietkaarte waarop u snoepiegelde kan deponeer is beskikbaar. Betalings moet in die vlg rekening gemaak word:
Krag DOB Snoepie
Nr: 4077282835
Tak: ABSA Krugersdorp
Takkode: 632005
Tipe rekening: Lopende
Bewys van betaling plus leerling se naam en van as verwysing moet aan me ronel.musgrove@nories.co.za gestuur word.

Bly ingelig
Die D6 Schools Communicator stel jou in staat om daagliks die jongste nuus, veranderinge in die Norie Dagboek en belangrike dokumente, soos toetsroosters te ontvang op jou rekenaar of op jou foon. Om die D6 Communicator af te laai en te installeer, druk hier. Vir meer inligting oor spesifieke sake, kry die relevante kontaknommers hier.
Bankbesonderhede
Hoërskool Noordheuwel
Rekening nommer: 310391255
Tak: ABSA Krugersdorp
Takkode: 632005
Tipe rekening: Tjek
Kwitansies word voorsien.
Betalingsopsies
Debietorder — word verkies. Vorms is beskikbaar. Tjeks en Kontant -moet deur die leerling self by die administratiewe kantoor inbetaal word en kwitansie word voorsien. Vir skoolgeld, gebruik asb skoolgeldverwysingsnommer. Vir alle ander betalings, meld waarvoor plus leerder se naam en van