Ander Aktiwiteite

Fotografieklub

Die fotografieklub bestaan uit leerders wat ‘n passie het vir fotografie. Hulle neem graag foto’s by enige byeenkoms of funksie van die skool. Kwartaaliks vind daar ook kompetisies plaas waar fotograwe geleentheid kry om kreatief te raak met kameras!

Die Norie-Nomades-stapklub

Die Norie-Nomades-stapklub is ʼn voetslaan/ “hike”- groep wat staptoere regoor Suid-Afrika  en selfs in die buiteland onderneem. (Ons het al in Namibië gaan stap, asook die Camino in Portugal en Spanje gedoen.) Dit bied aan enige leerder die perfekte geleentheid om by ʼn skoolsport in te skakel, deel te vorm van ʼn span, te ontwikkel, sy/haar uithouvermoë te toets, ons land te sien en sommer net die natuur en buitelewe te geniet.

Ons het gemiddeld 6 stappe per jaar waarby minstens 50 leerders betrokke is en stap gemiddeld 30km per stap. 

Die stapklub is die plek waar elke kind kan voel dat hy êrens hoort!

Groenspan

Die groenspan gee om vir die natuur! Hulle leef groen en dink groen. Vele projekte en slim planne is deel van hierdie groep se doen en late. Hulle plant, ruim op,  herwin gereeld en hou Nories se naam hoog in die gemeenskap.