Die sosiale kalender by Noordheuwel is stampvol en baie geleenthede word op formele sowel as informele vlak gereël om aan elke Norie se smaak te voldoen. Sosiale ontwikkeling word ook gesien as ‘n baie belangrike komponent van die leerders se ontwikkeling en daarom word verskeie geleenthede en funksies gereël om aan hierdie behoefte by tieners te voldoen.
Gr 8 Groentjiekonsert
Valentynsbal
Gr 8 Kamp (Persoonsontwikkeling)
Gr 10 Avontuurkamp
Pretdae soos Lentedag en Loslitdag
Lentebal
Uitreikaksies na die gemeenskap
Mnr en Mej Norie
Matriekafskeid
Afrikaans in die wolke
Afrikaans in die wolke is ‘n groot gebeurtenis by Nories. Ongeveer 12 000 besoekers kom geniet Afrikaanse kunstenaars se musiek van vroeg tot laat.