Nuwe Nories

Inskrywings
Meer inligting aangaande die Departement van Onderwys se aanlyn registrasies sal hier verskyn soos wat dit deur die Departement bekend gemaak word. Aansoek om toelatingsdokumentasie wat by die skool of op die webblad beskikbaar is, kan voltooi word en dien as aanvullende inligting tot die amptelike aanlyn registrasie. Aansoeke om toelating kan slegs geldig wees indien daar ‘n Departementele aanlynregistrasienommer (‘WA’ nommer) toegeken is en dit op die inskrywingsvorm aangebring is. Afskrifte van die leerder se geboortesertifikaat, beide ouers se ID’s, bewys van adres en laaste rapport moet ook die aansoek om toelating vergesel.
Toelating
VEREISTES
- Toelating is streng onderhewig aan die beskikbaarheid van benutbare akkommodasie en personeel soos deur die onderwysbeleid bepaal.
- Aanvaarding van die etos van die skool is verpligtend.
PROSEDURE
Voornemende leerlinge voltooi ‘n aansoekvorm. Voorkeur word verleen aan leerlinge binne ons voedingsarea. Die uitvoering hiervan word aan die skoolhoof gedelegeer. Die beheerliggaam kan van tyd tot tyd die toelatingsvereistes hersien en wysig soos die behoefte daarvoor mag ontstaan.
ONDERNEMING DEUR OUERS EN LEERLINGE
Ouers en leerlinge onderneem by inskrywing tot hierdie inrigting om die toelatingsvereistes en verpligtinge wat dit meebring te aanvaar. Dit behels die volgende:
- Afrikaans is die voertaal.
- Bybelgefundeerde onderrig geskied.
- Bewys moet gelewer word van akademiese prestasies aan vorige inrigting.
- Gesag en dissipline van die skoolhoof en onderwysers moet aanvaar word.
- Alle reëls en regulasies van die skool moet eerbiedig en nagekom word.
- Onderriggelde moet betaal word soos voorgeskryf deur die beheerliggaam tensy anders ooreengekom met die inrigting.
- ‘n Leerling wat hom/haar sou skuldig maak aan wangedrag of ongehoorsaamheid aan die dissipline van hierdie inrigting, se voortgesette toelating sal heroorweeg word.
- Ouers, voogde en leerlinge stem kontraktueel toe tot die afdwinging van die skool se beleidsdokument rakende alkohol- en dwelmgebruik/misbruik. Dit behels onder meer dat ‘n leerling op ad hoc basis urine toetsing kan ondergaan (kostes vir ouers/voog se rekening). Beleid beskikbaar op aanvraag in administratiewe kantoor.
INSKRYWINGS- EN SKOOLFOOIE
Die maandelikse skoolfooie en betalingsopsies is hier beskikbaar.
Gr 8 Inskakelingsprogram
Geen “ontgroening” vind plaas nie. ‘n Vooraf beplande inskakelingsprogram word gedurende die eerste week van die nuwe jaar deur die gr. 8-leerders gevolg. Hierdie program het ten doel om die nuwe leerders sosiaal in te skakel en hulle vertroud te maak met die skoolstelsel. Dit word afgesluit met ‘n Gr 8-konsertproduksie wat die ouers kan bywoon. Voornemende gr 8-leerders ontvang reeds in Oktober/November ‘n inskakelingspakkie wat hulle van die nodige inligting voorsien.By Nories wil ons graad hê dat alle graad 8’s moet welkom voel! Ons het elke jaar ‘n spesifieke tema en hierdie jaar is hulle die Dobbertjies. Op die stadium dobber hulle en is “hulpeloos” maar hier by Nories gaan hulle leer om te swem. Elkeen sal met tyd sy/haar plekkie vind en deel word van Nories.
Ons wil graag hê dat elke graad 8 trotse leerders moet wees en ‘n passie vir die skool sal hê.