Leiers en Leierontwikkeling

Norieraad 2025

NorieRaad
Die Gr 12 leiers vorm die Norieraad. Die Norieraad dien as uitvoerende komitee vir die VRL waar verskeie aktiwiteite beplan en georganiseer word. Alle leiers word toegerus tydens ‘n leierskamp. Hier word ook volledige beplanning gedoen vir leerderaktiwiteite vir die volgende jaar. Daar word jaarliks persoonsontwikkelingskampe vir gr 8-leerders aangebied (ongeveer 200 leerlinge). Tydens hierdie baie gewilde kampe word ook aandag gegee aan die ontwikkeling en uitbreiding van leiersvaardighede. Voorts is daar ook doelbewuste bemoeienis met ons sportkapteins om sodoende leerlinge met potensiaal op hierdie gebied te help ontwikkel. Ons glo dat spanne met positiewe leiding tot beter prestasie in staat is.
Verteenwoordigende Leerlingraad (VLR)
Leierskap-ontwikkeling vind reeds van Gr 8 af plaas. Dit is gebaseer op die Onderwys Departement se beleid van Verteenwoordigende Leerders -Raad. Volgens hierdie beleid word daar ten minste twee verteenwoordigers per klas verkies – VLR lede word geplaas sodat elke klas verteenwoordiging geniet. Hierdie Verteenwoordigende Leerders Raad het verskeie pligte en funksies binne die skoolopset. Hiervan is verteenwoordiging op die Bestuursliggaam van die skool seker een van die belangrikste funksies. Daar is verskeie portfeuljes wat bestaan op die VLR en leerders word vanaf Gr 8 -12 geleentheid gebied om op portefeuljes te dien.
Die VLR bestaan uit verteenwoordigers uit alle grade. Benewens hul BAIE belangrike rol as verteenwoordigers vir die leerlinge op die beheerliggaam, is die VLR ook op baie ander gebiede aktief. Ons VLR is gereeld betrokke by omgee – en uitreik inisiatiewe in die gemeenskap, bv Radio Jakaranda se komberse projek en bloedskenkdag by die skool. Verder organisser die VLR ook verskeie groot jaarlikse sosiale geleenthede in die Norie-Dagboek soos bv die Valentyns- en Lentebal en die Damestee.


Hoofleiers 2022


