Ander Aktiwiteite

Die Norie-Nomades-stapklub
Die Norie-Nomades-stapklub is ʼn voetslaan/ “hike”- groep wat staptoere regoor Suid-Afrika en selfs in die buiteland onderneem (ons het al in Namibië gaan stap, asook die Camino in Portugal en Spanje gedoen). Dit bied aan enige leerder die perfekte geleentheid om by ʼn skoolsport in te skakel, deel te vorm van ʼn span, te ontwikkel, sy/haar uithouvermoë te toets, ons land te sien en sommer net die natuur en buitelewe te geniet.
Ons het gemiddeld 4 stappe per jaar waarby minstens 30 leerders betrokke is en stap gemiddeld 30km per stap.
Die stapklub is die plek waar elke kind kan voel dat hy êrens hoort

Groenspan
Die Groenspan is ‘n volhoubaarheidsgroep wat poog om ‘n impak in ons omgewing en natuur te maak. Ons is betrokke by vele projekte en vrywillige werkies soos skoon maak van Botaniese tuine se rivier, uithaal van uitheemse boomspesies asook die aanplant van bome. Ons het ook ‘n herwinningskomponent waar ons papier herwin en daardie gelde gebruik vir ons eie groentetuin. Ons groentetuin se opbrengste word weer geskenk aan behoeftiges in die gemeenskap. Enige leerder wat se hart reg is en genoeg moed het om ‘n verskil te maak kan deel wees van hierdie groep.