Die sosiale kalender by Noordheuwel is stampvol en baie geleenthede word op formele sowel as informele vlak gereël om aan elke Norie se smaak te voldoen. Sosiale ontwikkeling word ook gesien as ‘n baie belangrike komponent van die leerders se ontwikkeling en daarom word verskeie geleenthede en funksies gereël om aan hierdie behoefte by tieners te voldoen.