Ons Skool

'n Skool waar uitnemendheid sy eie resies hardloop

Grootste
Afrikaanse skool
Meer as 100
personeelkorps
Top Akademiese
Skool
Voorloper op
Kultuurgebied
Onder die Top 10
Skole in Gauteng
15 Verskillende
Sportsoorte
Grootste
Afrikaanse skool
Meer as 100
personeelkorps
Top Akademiese
Skool
Voorloper op
Kultuurgebied
Onder die Top 10
Skole in Gauteng
15 Verskillende
Sportsoorte
Grootste
Afrikaanse skool
Meer as 100
personeelkorps
Top Akademiese
Skool
Voorloper op
Kultuurgebied
Onder die Top 10
Skole in Gauteng
15 Verskillende
Sportsoorte

’n Boodskap Van Ons Hoof

Mnr. Dawie Kriel

#AkademieIsOnsPrioriteit #SportOnsPassie #KultuurOnsTrots

Die skool handaaf ‘n gesonde balans tussens akademie, sport en kultuur. Nories dien die afgelope paar jaar dié skool die gemeenskap met trots en daar word jaar na jaar prestasies behaal, ver buite die skool se geografiese grense. Die prestasies van leerders op akademiese, kultuur– en sportgebied, sowel as die naskoolse prestasies deur oudleerders, getuig van die uitnemendheid wat kenmerkend is van die skool en van die gehalte werk wat daar gelewer word.Hierdie sukses word toegeskryf aan uitstekende spanwerk tussen leerders, personeel asook ondersteunende ouerkorps.

Elke leerder is belangrik by Nories en daarom is dit noodsaaklik dat hulle almal hul volle potensiaal sal ontwikkel. Die akademiese erns word beklemtoon deur die “Nories@Work”- fasiliteit waar leerders Maandae tot Donderdae huiswerk, take of opdragte kan doen terwyl hulle wag vir vervoer of sportoefeninge. Daar is internetfasiliteite beskikbaar sowel as ‘n personeellid wat graag help.

Nories-sportmanne en -vroue blink uit op verskeie terreine en die skool gee graag erkenning aan uitblinkers, veral as dit leerders aanspoor om altyd harder te probeer. Nories het die geleentheid om deel te neem aan: rugby, hokkie, atletiek, netbal, rugby, tennis, skubaduik, rasieleiers, ruitersport, gholf, landloop, fietsry, muurbal asook skaak. Die skool spog met moderne fasiliteite soos ʼn gimnasium, astrohokkieveld, tartanatletiekbaan en is bevoorreg om provinsiale- en nasionalepresteerders in hul midde te hê. Nories wen die afgelope paar jaar die PUK-reeks.

Nories bied ook ‘n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite aan, waarin leerders hul kan uitleef en hul talente kan ontwikkel. Die A capella-sanggroep het al met die louere weggestap by die ATKV-streekkompetisie. Verder het die spreekkoor skoonskip gemaak was breëbors met baie toekennings by die NEA Young Performers se prestasie-toekenningsaand. Die skoolkoor neem aktief deel aan feeste en kompetisies en was ook al aangewys as ATKV se nasionale wenners in die gemengde kore-afdeling. Nories het, in samewerking met Aardklop, die Pronk Podium-toneelfees aangebied vir die Top-hoërskole in Gauteng. Debat, redenaars, skryfkompetisies drama- en talentfees is nog aktiwiteite waar leerders hulle self kan uitleef.

Die sosiale kalender by Noordheuwel is stampvol en baie geleenthede word op formele sowel as informele vlak gereël om aan elke Norie se smaak te voldoen. Sosiale ontwikkeling word ook beskou as ‘n baie belangrike komponent van die leerders se ontwikkeling en daarom word verskeie geleenthede en funksies gereël om aan hierdie behoefte by tieners te voldoen. Die Valentynsbal is ʼn hoogtepunt op die kalender en so ook Afrikaans in die Wolke – die grootste musiekfees aan die Wesrand – wat later die jaar sal plaasvind.

Mnr Dawie Kriel, skoolhoof, glo dat “gesindheid ʼn mens se perspektief bepaal en dat die hoërskooljare belangrike vormingsjare is, waartydens talente en vaardighede ontwikkel en geslyp word. Geestelike en kreatiewe horisonne word hier verbreed, in ‘n poging om gelukkige jongmense tot gelukkige, selfstandige volwassenes te transformeer.”

Nories bied beslis geleenthede vir elkeen van die 2000 leerders in die skool. By die skool respekteer leerders en personeel mekaar. Daar word hard gewerk, uitnemende prestasies word behaal, maar dit is ook hier waar elkeen sy of haar plek vind. Respek, liefde en eensgesindheid is belangrik vir Nories. Dié skool is beslis nie net passievol oor akademie, sport en kultuur nie, maar ook passievol oor die lewe! Nories, die grootste Afrikaanse skool in die wêreld, is trots op elke leerder.

Akademiese Uitnemendheid
Individuele Aandag
Sportsukses
Holistiese Ontwikkeling
Akademiese Uitnemendheid
Individuele Aandag
Sportsukses
Holistiese Ontwikkeling
Akademiese Uitnemendheid
Individuele Aandag
Sportsukses
Holistiese Ontwikkeling

Waarom Nories?

Akademiese Uitnemendheid

#AkademieOnsPrioriteit

By Hoërskool Noordheuwel glo ons dat akademiese uitnemendheid die sleutel tot elke leerder se toekoms is. Ons toegewyde personeel, moderne onderrigmetodes en ondersteunende leeromgewing help elke Norie om sy of haar volle potensiaal te bereik.

Bou Kampioene

#SportOnsPassie

Sport vorm karakter, bou spanwerk en leer lewensvaardighede. By Noordheuwel word talent ontwikkel, deursettingsvermoë gekweek en geleenthede geskep vir elke leerder om deel te wees van iets groter as hulself.

Karakterontwikkeling

#KultuurOnsTrots

Kultuur gee elke Norie die geleentheid om hul unieke talente te ontdek en uit te leef. Van musiek en drama tot debat en leierskap – ons vier kreatiwiteit, selfvertroue en die trots om 'n Norie te wees.

Hoërskool Noordheuwel bied 'n skool waar uitnemendheid sy eie resies hardloop, waar daar 'n passie is om voluit te leef, en waar veilige, gelukkige leerders hulself kan tuismaak. Hier word vriendskappe gebou, karakter gevorm en herinneringe geskep wat 'n leeftyd hou.

Ons Verhaal

Die geskiedenis van Hoërskool Noordheuwel – 'n reis van visie, groei en uitnemendheid

1980

Die droom neem vorm aan

Terwyl bouwerk nog rondom hom voortgeduur het, maak die eerste skoolhoof, Mnr. F. de Beer, op 17 November 1980 die volgende inskrywing in die skooldagboek:

"11h00: ...lugbore raas, mens moet skree om mekaar te hoor – tog is dit lekker hier op die pragtige bult."

- Mnr. F. de Beer, 1980

Hier, op die heuwel wat later die tuiste van duisende Nories sou word, het die grondslag van 'n besondere skoolgemeenskap ontstaan.

"Ek glo die skool sal hom binnekort op alle sportterreine laat geld"

- Die Eerste Hoof se Belofte

Januarie 1981

Die eerste tree

Hoërskool Noordheuwel open sy deure as die derde Afrikaanse hoërskool in Krugersdorp. Met 'n bruidskat van slegs R505,73 en 'n personeelkorps van tien toegewyde onderwysers begin 'n nuwe hoofstuk in die onderwysgeskiedenis van die Wesrand.

Mnr. De Beer spreek reeds vroeg sy vertroue in die jong skool uit. Hierdie visie sou mettertyd 'n werklikheid word.

Die Vroeë Jare

Beskeie beginne, groot drome

Die eerste jare is gekenmerk deur deursettingsvermoë, samewerking en pioniersgees. Atletiekoefeninge het by Laerskool Kenmare plaasgevind, terwyl leerders, personeel en ouers saam gewerk het om die terrein te ontwikkel.

Voordat die sportvelde aangelê is, het Nories gehelp om die grond voor te berei deur klippe op te tel en die terrein gelyk te maak. Hierdie gesamentlike inspanning het nie net die skool opgebou nie, maar ook die waardes van verantwoordelikheid, diensbaarheid en gemeenskap gevestig.

Van die vroegste dae af was Noordheuwel meer as bloot 'n plek van leer. Dit was 'n gemeenskap waar elke leerder, onderwyser en ouer 'n bydrae gelewer het tot iets groter as hulself.

'n Kultuur van Gemeenskap

Meer as net 'n skool

Hier is karakter gevorm, leiers ontwikkel en tradisies gevestig wat vandag steeds deel vorm van die Norie-erfenis.

Vandag

Uitnemendheid leef hier

Meer as vier dekades later staan Hoërskool Noordheuwel trots as een van Gauteng se voorste skole.

Met meer as 2 000 leerders, 'n toegewyde personeelkorps en uitstaande prestasies op akademiese, sport- en kultuurgebied, bly die skool 'n plek waar uitnemendheid, passie en geleenthede hand aan hand loop.

  • Akademiese uitnemendheid
  • Uitstaande sportprestasies
  • 'n Lewendige kultuurlewe
  • Veilige en gelukkige leerders
  • Sterk waardes en gemeenskapsbetrokkenheid

As die hoogste geleë Afrikaansmedium-hoërskool in Afrika, waar die heuwels as voetstuk dien en die uitsig wyd strek, bly Hoërskool Noordheuwel gefokus op voortdurende groei en vernuwing.

Die Toekoms

Die visier word steeds hoër gestel

Ons toekomsvisie is meer as woorde. Dit leef in ons mense, ons waardes en ons strewe om elke nuwe generasie Nories toe te rus om hul volle potensiaal te bereik.

Trots Norie. Trots Noordheuwel.

As die hoogste geleë Afrikaansmedium-hoërskool in Afrika, waar die heuwels as voetstuk dien en die uitsig wyd strek, bly Hoërskool Noordheuwel gefokus op voortdurende groei en vernuwing.

Ons Tema Vir 2026

Hierdie jaar sal ons skool fokus op die vervulling van elke leerder se potensiaal en die bou van 'n gemeenskap waar almal skyn.

"In die Norie-tuin, groei jou drome ruim"

Ons Tema vir 2026