Ons Tema Vir 2026
Hierdie jaar sal ons skool fokus op die vervulling van elke leerder se potensiaal en die bou van 'n gemeenskap waar almal skyn.
"In die Norie-tuin, groei jou drome ruim"
Ontdek die vele maniere om betrokke te raak in ons skoolgemeenskap
Nories hou van alles wat lekker is, van geesvang tot groot pret
Die sosiale kalender by Noordheuwel is stampvol en baie geleenthede word op formele sowel as informele vlak gereëld om aan elke Norie se smaak te voldoen. Sosiale ontwikkeling word ook gesien as 'n baie belangrike komponent van die leerders se ontwikkeling en daarom word verskeie geleenthede en funksies gereëld om aan hierdie behoefte by tieners te voldoen.
Nories se Harte is vol van Liefde
"Dankie Hoërskool Noordheuwel vir die wonderlike gebaar. Ons kinders by Huis Nehemiah slaap vanaand warm, omdat julle harte so warm klop vir ons. Julle hulp beteken die wêreld vir ons, veral omdat ons geen staatsbefondsing kry nie en 100% staat maak op privaat donasies om ons werk voort te sit nie."
– Kyle Tolman, CEO, Cross Connect
Nories het orgideë en blou Energades vir onkologiesentrums uitgedeel. Bejaardes is bederf met 'n pakkie vol eet- of badgoed. Nories gee ook om vir diere en ons het komberse en kos gegee vir FORA asook 9th Day. Nories maak graag 'n verskil in die gemeenskap!
Die fotografieklub bestaan uit leerders wat ‘n passie het vir fotografie. Hulle neem graag foto’s by enige byeenkoms of funksie van die skool. Kwartaaliks vind daar ook kompetisies plaas waar fotograwe geleentheid kry om kreatief te raak met kameras!
Die Norie Stapklub is ʼn voetslaan/ "hike"- groep wat staptoere regoor Suid-Afrika en selfs in die buiteland onderneem (ons het al in Namibië gaan stap, asook die Camino in Portugal en Spanje gedoen). Dit bied aan enige leerder die perfekte geleentheid om by ʼn skoolsport in te skakel, deel te vorm van ʼn span, te ontwikkel, sy/haar uithouvermoë te toets, ons land te sien en sommer net die natuur en buitelewe te geniet.
Ons het gemiddeld 4 stappe per jaar waarby minstens 30 leerders betrokke is en stap gemiddeld 30km per stap.
Die stapklub is die plek waar elke kind kan voel dat hy êrens hoort
Die Groenspan is 'n volhoubaarheidsgroep wat poog om 'n impak in ons omgewing en natuur te maak. Ons is betrokke by vele projekte en vrywillige werkies soos skoon maak van Botaniese tuine se rivier, uithaal van uitheemse boomspesies asook die aanplant van bome.
Ons het ook 'n herwinningskomponent waar ons papier herwin en daardie gelde gebruik vir ons eie groentetuin. Ons groentetuin se opbrengste word weer geskenk aan behoeftiges in die gemeenskap.
Enige leerder wat se hart reg is en genoeg moed het om 'n verskil te maak kan deel wees van hierdie groep.
By Hoërskool Noordheuwel is gees meer as net skooltrots – dit is deel van wie ons is. Van interhuisbyeenkomste en sportdae tot kultuuraktiwiteite en sosiale geleenthede, leef Nories elke dag met passie, energie en samehorigheid.
Hier bou ons herinneringe, vier ons suksesse en staan ons saam as een blou familie.
Daar is iets vir almal. Sluit aan by een van ons verskeie aktiwiteite en maak 'n verskil.
Hierdie jaar sal ons skool fokus op die vervulling van elke leerder se potensiaal en die bou van 'n gemeenskap waar almal skyn.
"In die Norie-tuin, groei jou drome ruim"