Bellrylaan, Noordheuwel, Krugersdorp, 1740, Tel: +27(0)11 954 1032, GPS -26.096486, 27.808242 info@nories.co.za

SPORT

SPORTNUUS

Dankie aan elke Norie wat die atlete so mooi ondersteun het!

Norie-atlete het die vrugte gepluk van al die harde werk van hierdie seisoen en ‘n tweede plek behaal tydens die PUK interskole atletiekbyeenkoms.

Chery-lee Schoeman word ingesluit by die Suid-Afrikaanse Landloopspan wat later die maand aan die Wêreld Landloop Kampioenskappe in Uganda gaan deelneem. Nories is baie trots op haar.

Die Norie-Nomades het gaan stap in Parys! Lekker in die natuur saam met Me. Deetlefs.

Nicole Botha het Saterdag algeheel 1ste plek behaal vir 20km by Nissantrailseeker en 'n 1ste plek in haar ouderdom met fietsry! Baie geluk.

Hoërskool Noordheuwel streef na die ontwikkeling van gebalanseerde volwassenes en daarom bied ons 'n wye verskeidenheid van sportaktiwiteite waarin leerders hulself kan uitleef en talente kan ontwikkel.

Kriteria vir sporttoekennings

Nories sportmanne en vroue blink uit op elke gebied en ons glo dat om erkenning te gee aan ons uitblinkers, leerders aanspoor om altyd harder te probeer. Die kriteria waarop sport toekennings gebasseer word, kan hier afgelaai word.

Leerders kan aan die volgende sportsoorte deelneem by Noordheuwel:

ATLETIEK

Organiseerder: Mnr Charl Fourie

NETBAL

Organiseerder: Me Karen le Roux

HOKKIE

Organiseerder: Me Mariana Coetzee

RUGBY

Organiseerder: Mnr Rocky Truter

KRIEKET

Organiseerder: Mnr Etienne J v Rensburg

TENNIS

Organiseerder: Me Retha Venter

AVONTUURSPORT

Organiseerder: Mnr Pieter du Plessis

RASIELEIERS

Organiseerder: Me Lizette Kotze

FIETSRY

Organiseerder: Me Elizma de Swardt

LANDLOOP

Organiseerder: Mnr Danie Lindeque

RUITERSPORT

Organiseerder: Me Annalize Adringa

MUURBAL

Organiseerder: Me Jeanine de Kock

SKUBA

Organiseerder: Me Sigi Pretorius

GHOLF

Organiseerder: Mnr Werner Jacobs

SKAAK

Organiseerder: Me Marica de Wet

NORIE NOMADES

Organiseerder: Me Laetitia Deetlefs