Bellrylaan, Noordheuwel, Krugersdorp, 1740, Tel: +27(0)11 954 1032, GPS -26.096486, 27.808242 info@nories.co.za

KULTUUR

Hoërskool Noordheuwel streef na die ontwikkeling van gebalanseerde volwassenes en daarom bied ons 'n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite waarin leerders hul kan uitleef en talente kan ontwikkel.

KRITERIA VIR KULTURELE TOEKENNINGS

Nories kultuur is kookwater en ons glo dat, om erkenning aan ons kulturele uitblinkers te gee, leerders aanspoor om altyd harder te probeer. Die kriteria waarop kultuurtoekennings gebaseer word, kan hier afgelaai word.

Die Noriekoor het lekker pret gehad by die jaarlikse koorkamp. Daar was baie geoefen, maar die “nagtegale” het ook lekker geesgevang en saam gekuier. Daar is klomp aktiwiteite wat die jaar op die koor se kalender is.

Die Noriekoor het lekker pret gehad by die jaarlikse koorkamp. Daar was baie geoefen, maar die “nagtegale” het ook lekker geesgevang en saam gekuier. Daar is klomp aktiwiteite wat die jaar op die koor se kalender is.

Die volgende leerders het Vrydag 23 Februarie deelgeneem aan die Kyknet Nasionale Toneelkompetisie: Wian Brits, Dané Pieterse, Minke Marais, Chrisli Verhoef, Lindri Dugmore (afwesig), Zurika Boonzaaier (afwesig) Julle maak ons trots!

Soos elke jaar beloof die Norie toneelgroep om weer 'n uitstekende toneel op die planke te bring.Hulle het sommer vroeg in die jaar reeds begin oefen.

Koor

Die koor onder leiding van Me Annamarie Lubbe, neem jaarliks deel aan die ATKV Applous-kompetisie asook die CANTA Tuks- kompetisie.

acapella

Nories se gewilde a capella-sanggroep onder leiding van Me Rianda Geldenhuys, tree gereeld op by en neem deel aan kunswedstryde soos RACA en NEA.

Redenaars & Debat

Nories se welsprekende leerders blink jaarliks uit in o.a. die ATKV en die Forum redenaars- en debatskompetisies . Die redenaars- en debatsorganiseerder is Me Marthie Van Deventer

Spreekkoor

Die Norie-spreekkoor o.l.v. Me Erna Clunie, sorg vir groot vermaak met gereelde optredes en neem deel aan verskeie kompetisies.

Drama

Nories se dramaleerders hou die Norie- naam hoog by die ATKV toneelkompetisie en by Kunstefeeste soos Aardklop. Die drama-organiseerder is Me Marica de Wet.

TalentweekNorie Idols

Alle Nories kry jaarliks die geleetnheid om op die verhoog met hul talente te woeker tydens die Nories-talentweek en Idols-kompetisie wat georganiseer word deur Me Erna Clunie.