Bellrylaan, Noordheuwel, Krugersdorp, 1740, Tel: +27(0)11 954 1032, GPS -26.096486, 27.808242 info@nories.co.za

TUISBLAD

Ons Olimpiese sterre

Nories is bevoorreg om te kan spog met twee Protea-atlete wat Suid-Afrika by die Olimpiese jeugspele verteenwoordig het! Baie geluk aan Ruan Lange, wat 'n goue medalje gewen het in gimnastiek, en Dané Roets met 'n brons medalje vir gewigstoot.

Nories UIT DIE LUG

"Waar die heuwel dien as voetstuk en 'n wye uitsig bied, staan ons skool, ons Alma Mater"....Hoërskool Noordheuwel vanuit die lug, met die liggies van Johannesburg in die agtergrond.

EERSTEKLAS FASILITEITE

Nories se fasiliteite is besonders. Die gimnasium spog met moderne toerusting en ons kondisionerings-guru, Hogan sorg dat ons sportspanne fiks bly. Sportspanne kom oefen gereeld. Soos die spreekwoord lui: "'n Gesonde liggaam, huisves 'n gesonde gees."

EERSTEKLAS FASILITEITE

Dr Jac Fourie Klubhuis – Tydens tuis atletiekbyeenkomste of wintersportgeleenthede, kan besoekers die Norie-gasvryheid hier beleef. Die stoep is die perfekte plek om te wees as jy ‘n atleet of rugbyspeler wil dophou. ( …en natuurlik die mooiste sonsondergang in die weste te beleef, NET hier op Nories se stoep!)

EERSTEKLAS FASILITEITE

Klub Nories – Hierdie toevoeging tot Nories se terrein is ‘n gesellige plek vir ouers om saam te kuier sodra die geleentheid homself voordoen. Wat is nou lekkerder as om na ‘n rugbywedstryd te gesels oor die wedstryd? Bring daardie vleisie…die vuur brand!

Hoërskool Noordheuwel is 'n skool waar uitnemendheid sy eie resies hardloop en waar almal passievol en dinamies na hoër hoogtes streef.

Die hoërskooljare is belangrike vormingsjare, waartydens talente en vaardighede ontwikkel en geslyp word. Geestelike en kreatiewe horisonne word hier verbreed. in 'n poging om gelukkige jongmense tot gelukkige, selfstandige volwassenes te transformeer.

Benewens moderne tegnologie in die klaskamers, word geriewe van hoogstaande gehalte oral op die terrein benut om leerders se potensiaal maksimaal te ontgin. Personeel is deeglik daarvan bewus dat 'n klaskamer slegs 'n struktuur met vier mure daaromheen is - MET HUL TOEKOMS DAARBINNE. Hulle is gemotiveerd en toegewyd om 'n verskil in die jongmense se lewens te maak, sodat hulle na 'n blink toekoms kan uitsien.

Akademie is ons prioriteit. Sport ons passie en Kultuur ons trots.

 

Dr JAC Fourie

Algemeen

Skoolure

Maandag tot Vrydag 07:25 - 14:00. Vir volledige inligting oor skoolbywoning, lees meer onder skoolreëls.

Inskrywings

Die Departement van Onderwys se aanlyn registrasies vir 2020 open op Maandag 15 April 2019 en sluit op 28 Mei 2019 vir voornemende Graad 8's. Meer inligting rondom registrasie en belangrike datums vir 2020, soos bv. inligtingsaand en opedag sal onder Nuwe Nories bekend gemaak word. ‘Aansoek om toelating’ dokumentasie wat by die skool of op die webblad beskikbaar is, kan voltooi word en dien as aanvullende inligting tot die amptelike aanlyn registrasie. 

Toelating is streng onderhewig aan die beskikbaarheid van benutbare akkommodasie en personeel soos deur die onderwysbeleid bepaal.

Busvervoer

Hoërskool Noordheuwel bedien verskeie busroetes teen 'n koste. Vervoer na afloop van oefening van buitemuurse aktiwiteite om 17:00 is ook beskikbaar. Enige navrae i.v.m. busse word deur Me Rina Steyn - 011 954 1032 (uitbreiding 237) hanteer. Vir kostes en volledige inligting, lees meer onder finansies.

Klerewinkel

Noordheuwel se eie klerewinkel, is daagliks oop gedurende die skoolkwartaal vanaf 6h45 tot 14h30. Kontak Engela Briedenhann (011) 954-0594 / 083-644-7344 of  Ilandi van Rooyen 072-259-2171 vir pryse of kwotasies, of vir volledige inligting, lees meer onder klerewinkel

Sluitkassies

Noordheuwel het 'n beperkte aantal sluitkassies beskikbaar in twee verskillende groottes, nl. gewoon en sportsluitkassies wat teen 'n jaarlikse fooi gehuur kan word. Vir koste en meer inligting, lees meer onder finansies.

MySchool Kaart

Die MySchool MyVillage fondsinsamelingsprogram samel fondse in vir skole. HS Noordheuwel gebruik hierdie fondse vir projekte soos die uitbreiding van die Nories@Work lokaal waar leerders hul huiswerk kan doen. Om 'n ondersteuner te word, moet jy registreer by MySchool en 'n skool kies om te ondersteun. MySchool kaarthouers kan voordeel trek uit verskeie spesiale aanbiedinge en aflsag. Kaarthouers is outomaties deel van Woolworths se WRewards program, kry R40 afslag op elke GetAhead of MathPro sagteware item en eksklusiewe afslag by Altech Netstar.Jy kan aanlyn registreer, 'n kaart by jou plaaslike Woolworths kry, of die skool kontak. Dit is vinnig en maklik!

Bly Ingelig

Die D6 Schools Communicator stel jou in staat om daagliks die jongste nuus, veranderinge in die Norie Dagboek en belangrike dokumente, soos toetsroosters te ontvang op jou rekenaar of op jou foon. Om die D6 Communicator af te laai en te installeer, druk hier.

Vir meer inligting oor spesifieke sake, kry die relevante kontaknommers hier.

Finansies

Onderriggeld word jaarliks bepaal en is maandeliks vooruitbetaalbaar voor die 7de van die maand. Die totale bedrag moet nie later nie as die begin van Desember inbetaal wees. Die eerste betaling vir die nuwe jaar is betaalbaar voor die skool open in Januarie. 

Indien die totale bedrag voor 31 Maart 2019 betaal word, ontvang u 'n korting van R1500. Debietordervorms is by die kantoor beskikbaar.

Bankbesonderhede

Hoërskool Noordheuwel
Nr: 310391255
Tak: ABSA Krugersdorp
Takkode: 632005
Tipe rekening: Tjek
Kwitansies word voorsien.

Lief & Leed

Het jy enigiets wat jy voel nuuswaardig is? Wil jy graag op hoogte bly van wat daagliks gebeur by Nories? Volg ons op Facebook!

Matrieks 2017: Toppresteerders

Michael Beukman
9 onderskeidings en Admaths nasionale toppresteerder

Jack Coetzer
9 onderskeidings

Ruben van Staden
8 onderskeidings

Karlien Erasmus
8 onderskeidings

Yvane Laubscher
8 onderskeidings

Kalinka Nel
8 onderskeidings

Chae Page
8 onderskeidings

Franco Grobler
8 onderskeidings

Lené Alberts
7 onderskeidings

Zia Aucamp
7 onderskeidings

Kyle Holder
7 onderskeidings

Eloise Kruger
7 onderskeidings

Llewellen Graham
7 onderskeidings

AKADEMIE

SPORT

KULTUUR

SOSIAAL

Hoekom Nories?

Hoërskool Noordheuwel bied ‘n skool waar uitnemendheid sy eie resies hardloop, daar ‘n passie is om voluit te lewe en waar veilige en gelukkige leerders hulself kan tuismaak

Inskrywings

Volgens die nuutste riglyne van die Departement van Onderwys moet ouers ook nou aanlyn registreer. Lees meer oor toelatingsvereistes en prosedures by "Nuwe Nories"

Gr 8 Inskakelings-
program

Geen “ontgroening” vind plaas nie.'n Vooraf beplande inskakelingsprogram word gedurende die eerste week van die nuwe jaar deur die gr. 8-leerders gevolg. Dit word afgesluit met ‘n Gr 8-konsertproduksie wat die ouers kan bywoon.

Opedae en Roadshow

Jy kan videos van ons jaarlikse "roadshow" na die laerskole in die omgewing sien en nuus kry oor ons volgende opedag op die "Nuwe Norie" blad.